Gedigte van Bosfeetjie

EMAIL

geheime boodskap
tussen die reëls van sy woorde
gekamoefleer in ‘n grap
lê die leidrade
maar presies van wat?

My gevoel brand
ek staan op die rand
hier is my hart, hy bloei voor jou
weet jy wie ek is
weet jy van my craziness
oor jou?

Weet jy dat dit ek was
die gedig
waar is dit nou?
dra jy dit styf teen jou hart vas?
of lê dit vergete-verniet onder jou kas?
jou laaste woorde aan my –
“ek sal aan jou dink daar by die see …”
dra ek oral met my mee
ek wil jou al my liefde gee
maar vir nou is jy
net ‘n stille gedeelte van my …

“object of desire”

Donker oë
glinsterend soos nat bruin glas
waaragter ondeunde gedagtes roekeloos sar

Ek weet ek moenie in daardie diep donker oë
van hom kyk nie
Ek moet die vlammetjie smoor voordat dit ‘n veldbrand word

Hy is fyn ingestel op haar behoeftes
kan met een enkele blik haar vreugdes en vrede deel …
maar hy het ‘n girlfriend, wat ek voel is teen die reël …
ag tog, die dik stomp van morele waardes wat dwars op haar pad na hom druk …
maar … soms, is dit reg om die verkeerde ding te doen!
– sy haal die gedig met bewende hande uit haar handsak …
hardloop na sy Volla (wat by die busstop staan)
en druk dit onder die wiper met ‘n “ek weet ek kan jou beter liefhê” glimlag, dis nou oor en uit en gedaan …
nou wag sy maar om te sien … die gedig het geen naam by, net in haar handskrif en begiet met haar parfuum …

Indeks van digters

Stuur jou gedigte na bydraes by roekeloos.co.za

Lewer kommentaar

Leave a Reply