(waarheid)-en-“versoening”
ek sien die donker wolk
die propoganda vloed
ek sien die swaard van wraak
in die vuis van die priesterhoof
ek hoor die stem van gister
‘n verlore kreed en eed
ek hoor tien vreemde tale
wat ons herinner om te vergeet
ek proe die sweet van onreg
die suur van angs en smart
ek proe al meer verlange
en die bitter, bitter …
haat
op die plaas
my Afrikaner broer
hoekom lê jy daar op die koue vloer
jou gesig in ‘n poel,
van rooi – swart bloed
het hy jou keel afgesny
jou vrou en kinders toe laat kyk
jou gesin in vrees en angs laat ly
jou dogters het hy vasgebind
– in ‘n donker kamer saam laat sit –
en verniel …
jou vrou moes dit alles aanskou
haar naels in haar polse ingegrou
toe hy sy hande om haar nek vou.
Stuur jou gedigte na bydraes by roekeloos.co.za
aangrijpend