In Limbo

 

Die bekroonde skrywers Jackie en Reinet Nagtegaal het saamgespan om ’n insiggewende verhaal te skep wat die delikate verhouding tussen ’n ma en haar dogter skets.

Die twee lewe in limbo in hul rykmanswêreld teen die hange van Tafelberg, in ’n huis wat hulle besig is om te vergroen.

Die ma verdryf haar tyd as lewensmentor saam met haar poedel en katelknaap.

Die dogter is ’n jong entrepreneur wat haar winste gebruik en die land volrits om opbouende praatjies oor straatkinders te lewer.

In limboIets moet gebeur, iets moet verander, maar terwyl hulle wag, durf hulle die lewe aan in ’n waas van alkohol, voortdurend gewapen met ’n fles vodka in die sak.

Die situasies waarin die twee beland, is tegelyk skreeusnaaks en hartverskeurend. ‘n Ma, ‘n dogter, wodka, kaviar, tattoos en ‘n katelknaap.

Lewer kommentaar

Leave a Reply