Bure oppie bank

Zane Meas en Neels van JaarsveldWanneer die manne van Bure oppie bank bymekaarkom, spat die twak.

7de Laan-akteur Zane Meas (mnr. Meintjies) en Binnelanders se Neels van Jaarsveld (dr. Gideon) is Toks Abrams en sy buurman, Flippie Botha. Hulle woon miskien langs mekaar, maar sit beslis nie langs dieselfde vuur nie, want Toks is ’n Blou Bul en Flip ’n Stormer. Boonop weet Toks alles van almal, maar Flip vreet niks vir soetkoek op nie. Hulle struwel oor hondedinges, geleende gereedskap en vaardigheid met vroumense. Daar’s ’n voetstoots kar en ’n meisiekind se skuldgeld in die gedrang.

Bure oppie bank het by Aardklop 2008 gedebuteer en al die vertonings was uitverkoop. Moenie dié lekker tong-innie-kies-komedie misloop nie!

Met Neels van Jaarsveld en Zane Meas.
Teks: Saartjie Botha
Vervaardiger: Giep van Zyl
Regie: Ilse van Hemert
Gradering: Gesin
Datum en tyd: Wo 1 Jul 15:00, Vr 3 Jul 15:00,
Sa 4 Jul 14:00
Venue: Laeveld Laerskool
Tydsduur: 70 min
Prys: R72

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar