Het jy ’n lojale kollega of ’n sameswerende teef wat jou bevordering wil pootjie? ’n Simpatieke vriendin of ’n sluwe slet wat nog altyd te veel van jou man gehou het? Maar op amper 40 is sy uiteindelik op pad Parys toe. ’n Bietjie laat soos gewoonlik, te beteuterd om te tango, maar darem betyds vir ’n Last Mango in Paris.
In hierdie musikale komedie vertolk Sandra Prinsloo vyf karakters. Sy is onder andere die skoonma, die dom poppie in die restaurant, ’n geestelike motiveringspreker en die sielkundige wat moet luister na die hopelose Louise. Saam met Prinsloo en Strachan is die briljante Leon Ecroignard (van Stok-faam) op die verhoog wat nie net sy verskillende kitare tokkel nie, maar ook die hoogdrawende ouderling en die oulike kelner speel. Maak plek op jou program om hierdie produksie te sien!
innibos 2009

Met Sandra Prinsloo, Alexa Strachan en Leon Ecroignard.
Teks: Alexa Strachan
Gradering: Volwassenes Ouerbegeleiding T
Datum en tyd: Wo 1 Jul 12:00, Do 2 Jul 18:00, Vr 3 Jul 20:00
Venue: NG Moedergemeente Kerksaal
Tydsduur: 70 minute
Prys: R82
