Die dokumentêre film Voyage of Time (2016) bied ’n visueel verbysterende verkenning van die geboorte en evolusie van die heelal, en neem kykers op ’n reis vanaf die Oerknal tot die hede.

Die film is in die kenmerkende styl van regisseur Terrence Malick. Ten spyte van sy asemrowende beelde van die kosmos, mag sommige kykers die filosofiese besinnings oor die betekenis van die lewe ’n bietjie te veel vind, terwyl ander die introspektiewe benadering sal waardeer. Voyage of Time is ’n  unieke en betekenisvolle film wat ’n visuele en filosofiese meditasie bied oor die mens se herkoms. Soos alle Malick skeppings moet dit ervaar word en nie as vermaak beskou word nie. Dit is ook ’n goeie inleiding tot Malick se films … en jy kan begin met Days of Heaven (1978).

Daar is twee weergawes van Voyage of Time. ’n Kommersiële-Imax weergawe met die stem van Brad Pitt en die vollengte, filosofiese weergawe met die stem van Cate Blanchett.

Lewer kommentaar

Leave a Reply