Coenie De Villiers en André Schwartz is terug met Grensloos. ’n Aand met minder bekende komposisies uit onder meer Frankryk en Nederland, en dan natuurlik ook uit Suid-Afrika. Hulle voer van albei se komposisies uit, en ’n hele paar daarvan sal heeltemal nuut wees vir gehore. Hulle praat oor hulle eerste opnames – dis bietjie soos om na jou ou matriekafskeid foto’s te kyk, sê albei musikante.

Dit is ’n positiewe vertoning met ’n spektrum van liedjies wat die boodskap van leef en laat leef oor alle grense weerspieël – nie net die grense tussen lande nie, maar ook die grense tussen mense, geslagte en kulture. Aan die einde van die dag is almal maar net mens …

Die Boer restaurant teater in Durbanville

23,24,25 Feb om 20:30 & Saterdagmiddag 25 Feb om 14:00

Kaartjies kos R250 en is beskikbaar by 021 979 1911 of aanlyn by www.dieboer.com

Grensloos
Grensloos

Lewer kommentaar

Leave a Reply