Valentynsdag hoef nie ‘n groot of buitensporig duur affêre te wees nie. Dis daai klein dingetjies wat wys dat jy aan hom of haar dink.
10 Dinge wat jy elke dag kan doen:
- Indien sy ‘n boek lees of nuwe tydskrif gekoop het skryf “Ek is lief vir jou!” op een van die blaaie waar nog gelees moet word.
- Stuur ‘n liefdesgedig vir Roekeloos.co.za en laat hom / haar weet wanneer dit gepubliseer is.
- Skryf “Ek is lief vir jou!” op die badkamerspieël indien die vertrek toegestoom is.
- Skryf ‘n gedig en gebruik Google Translator om dit in Frans of Italiaans te vertaal. Skryf dit nou met die hand op ‘n mooi stukkie papier en plaas dit op jou geliefde se kopkussing. (Maak seker jy ken die oorspronklike weergawe uit jou kop uit.)
- Verkondig dit luid op ‘n openbare plek: “Ek is lief vir jou Hansie / Grietjie!” (Onthou om jou geliefde se naam te gebruik in plaas van Hansie of Grietjie.)
- Laat blomme aflewer by haar werk.
- Laat ‘n romantiese boodskap op RSG lees vir jou hart se punt. (Onthou om vooraf ‘n e-pos te stuur sodat hulle kan luister.)
- Skep ‘n gereg en vernoem dit na hom. Stuur die na Kookkuns.com en laat hom weet. (Maak net seker dit smaak na wense.)
- Los ‘n stukkie papier met ‘n boodskap onder sy motor se ruitveër.
- Stuur sommer nou ‘n SMS wat sê “Ek is lief vir jou!”
(oorspronklik verskyn 8 Februarie 2013)

ek hou van julle ads
Die advertensies verander gedurig, maar soms is hulle nogal gepas, sonder dat dit so bedoel word.