“Mamma” sê Jannie, “Ek moet ma vertel van wat pa en tannie Susan gedoen het toe ma by die skoolvergadering was.”

“Vertel my kind.”

“Tannie Susan het hier aangekom. Toe gaan pappa en tannie Susan kamer toe en maak die deur toe. Ek loer toe deur die sleutelgat en sien hoe hulle mekaar se klere uittrek en toe …”

“Stop die lorrie net daar! Ek wil niks verder hoor nie, maar wanneer ons vanaand eet vertel jy die hele storie, terwyl jou pa by is.”

Die aand aan tafel vra Jannie se ma, “Jannie, noudat jou pa hier is, vertel weer daai storie van toe ek by die skoolvergadering was.”

Jannie vertel weer: “Tannie Susan het hier aangekom. Toe gaan pappa en tannie Susan kamer toe en maak die deur toe. Ek loer toe deur die sleutelgat en sien hoe hulle mekaar se klere uittrek en toe … en toe doen pappa en tannie Susan ook daai dinge wat mamma en oom Gert gedoen het toe pappa by die kerkraadsvergadering was.”

(oorspronklik verskyn 12 Mei 2011)

Lewer kommentaar

Leave a Reply