Beste Angie

Marlene van Niekerk skryf die gedig “Mud School” wat vroeër vanjaar in die Mail & Guardian gepubliseer is. In hierdie gedig gooi sy modder na die minister van basiese onderwys, Angie Motshekga, oor die verwaarlosing van ons land se skoolstelsel.

Die Breytenbach Sentrum in Wellington nooi alle digters uit om op Van Niekerk se gedig te reageer en om dan hul gedigte van saam-protesteer, of dan tee-praat, te kom voorlees.

Indien jy ’n gedig op die hart het, kontak Theo Kemp by theo@breytenbachsentrum.co.za. Lees meer hieroor en lees die gedig hier.

Breytenbach Galery, Wellington, 14 September, 17h00, 45 minute, Gratis.

Lewer kommentaar

Leave a Reply