Ses Snare sing The Beatles

Ses Snare het die musiek van The Beatles aangepak en na ‘n uiters suksesvolle speelvak by Aardklop 2012 en KKNK 2013, bring die manne hulle Beatles tribute Ses Snare sing The Beatles op 6 en 7 September na Die Boer Teater-restaurant in Durbanville.



Van die bekendste songs in die konsert is “Love me do”, “A Hard Days Night”, “Yellow Submarine”, “Let it Be”, “Yesterday”, “Get Back”, “Norwegian Wood”, “Hey Jude”, “All you need is Love”, “Penny Lane”, “Michelle”, “Blackbird”, “Twist and shout” en dan is daar ook “Got my mind Set on you”, die George Harrisson – treffer nadat die groep opgebreek het.

The Beatles kry die spesiale Ses Snare -behandeling met splinternuwe kitaarverwerkings vir ses kitare en ses stemme, hope kitaarsolo’s en ‘n paar interessante musiek-instrumente wat mens nie normaalweg by ‘n Ses Snare-konsert sou verwag nie, en dit gee die Beatles musiek ‘n ekstra lekker kinkel.

Die musiek van The Beatles is die versinnebeelding van die frase “less is more”. Die Snare het dit besef toe hulle begin het om die musiek vir die konsert in te studeer – die eenvoud daarvan is briljant, die harmonieë onverbeterlik en dis geen wonder dat The Beatles vandag nog by die 15 miljoen CD’s per jaar verkoop nie.

Ses Snare bestaan uit Blackie Swart, Pieter Smith, MD Greyling, Thean Kotze, Leon Ecroignard en Peter Hoven.

Die CD Ses Snare sing The Beatles asook Ses Snare se splinternuwe “live” DVD is ook te koop.

Ses Snare sing The Beatles
Ses Snare sing The Beatles

Lewer kommentaar

Leave a Reply