Beste Boeke van 2011

Soos verlede week belowe, ‘n handvol van die beste (internasionale) boeke van 2011:

The Marriage Plot, deur Jeffrey Eugenides

‘n Jong student in die 80’s kies ‘n briljante, maar moeilike, man as haar eggenoot. Die besluit beteken dat sy haar eie doelwitte vir eers opsy moet skuif. Eugenides bied ‘n insiggewende en humoristiese blik op die moderne huwelik.

Catherine the Great, deur Robert K. Massie

Die biograaf Robert K. Massie vertel die verhaal van die Duitse prinses Sofia van Anhalt-Zerbst, wie later Katerina II van Rusland sou word.

There but for the, deur Ali Smith

By ‘n partytjie sluit een van die gaste homself in ‘n spaarkamer toe en weier om uit te kom … vir maande.

The Hottest Dishes of the Tartar Cuisine
The Hottest Dishes of the Tartar Cuisine
The Hottest Dishes of the Tartar Cuisine, deur Alina Bronsky, uit Duits vertaal deur Tim Mohr

‘n Matriarg van agter die ystergordyn probeer haar dogter en kleindogter onder beheer hou. Die gevolge is skreeusnaaks en tragies.

The Sisters Brothers, deur Patrick DeWitt

Eli en Charlie Sisters het ‘n belangrike taak om te verrig. Die Commodore het hulle opdrag gegee om Herman Kermit dood te maak. Nou is dit die Sisters-broers en hul perde, Nimble en Tub, wat hulle pad deur die Wilde Weste moet vind agter Herman aan. Dis nou as hulle kan nugter bly.

Nie-fiksie:

The Anatomy of a Moment, deur Javier Cercas

Javier Cercas se beskrywing van die mislukte staatsgreep in Spanje in 1981.

Life Itself: A Memoir, deur Roger Ebert

‘n Outobiografie van een van die voorste filmkritici.

Love and Capital: Karl Marx and Jenny Marx and the Birth of a Revolution, deur Mary Gabriel

Die lewe van Karl Marx en sy vrou Jenny von Westphalen.

en ‘n digbundel:

Space, in Chains
Laura Kasischke se gedigte is oor moederskap en huishou; vreemd en skerp.

PS

Lauren Beukes se Zoo City word getel onder die beste internasionale SciFi van 2011. Die boek het onder andere die Arthur C. Clarke-toekenning en Kitschies Red Tentacle vir 2011 ontvang. Dit speel af in Johannesburg in die nabye toekoms.

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar