C.J. Langenhoven – agtergrond

Cornelis Jacob Langenhoven is op 12 Augustus 1873 op Hoeko, naby Ladismith, gebore. Hy bekwaam hom as prokureur op Stellenbosch en betree later die politiek as Provinsiale Raadslid, Volksraadslid en Senator.

C.J. Langenhoven
C.J. Langenhoven
C.J. Langenhoven het eers op die ouderdom van 40 jaar begin om in Afrikaans te skryf. In 1912 word hy redakteur van die Oudtshoornse blad Het Zuid-Westen. Hy het heelwat van sy artikels, veral sy politieke kommentaar, onder ‘n skuilnaam geskryf; Sagmoedige Neelsie. Onder sy vele vertalings tel Die Rubáiyát van Omar Khayyám (1923).

Langenhoven het ‘n olifant besit genaamd Herrie gehad wat hy by ‘n sirkus gekoop het. Herrie verskyn in baie van sy stories.

C.J. Langenhoven is op 15 Julie 1932 oorlede.

Bronne:

Ter Laan, K. 1952. Letterkundig woordenboek voor Noord en Zuid. Den Haag/Djakarta:G.B. van Goor Zonen’s Uitgeversmaatschappij.

Schoonees, PC. 1939. Die prosa van die tweede Afrikaanse beweging. Pretoria/Kaapstad:J.H. de Bussy/Hollandsch-Afrikaansche Uitgevers Maatschappij v/h J. Dusseau & Co.

Lewer kommentaar

Leave a Reply