Die vierde, uitgebreide uitgawe van Die Mooiste Afrikaanse Liefdesgedigte is nou chronologies georden, sodat lesers kan sien hoe die Afrikaanse liefdesgedig oor die afgelope eeu ontwikkel het.
Daar is ’n nuttige outeursregister bygevoeg, sodat lesers steeds die werk van ’n spesifieke digter kan opsoek. Die nuwe uitgawe bevat 328 gedigte deur 100 digters en het ’n pragtige nuwe omslag.
“Met so ’n bloemlesing liefdesgedigte kan ’n uitgewer net so min ’n fout maak as ’n bakker wat besluit om ’n brood te verkoop” het Abraham de Vries by die verskyning van die eerste uitgawe gesê. En, “’n Pragtige geskenk – vir minnaars en ander mense” was Cecile Cilliers se woorde by die tweede uitgawe in 1992.
’n Geskenkboek sonder gelyke.
Skrywer: Fanie Olivier
Kategorie: Poësie
ISBN: 9780798151825
Prys: ongeveer R 195.00
Formaat: Sagteband, 256pp
Lewer kommentaar