Roekeloos
Met hierdie bundel sluit Johann Lodewyk Marais aan by sy bundel Aves wat uitsluitlik oor voëls gehandel het, maar in Diorama val die klem op diere.
Marais is bekend daarvoor dat sy gedigte respek het vir wetenskaplike kennis: Die wetenskaplike name van spesies word by die gedigte gegee, die feite moet korrek wees en die habitatte waarin die diere, plante en voëls voorkom, word versigtig uitgebeeld.
Hierdie bundel bevat ook gedigte oor die paleontologie en navorsers soos Jane Goodall, Richard Leakey en die Suid-Afrikaanse paleontoloog Philip Tobias.
In ’n aantal gedigte kom aktuele kwessies soos grondhervorming en plaasaanvalle en die soms skreiende gevolge daarvan aan die bod.
Skrywer: Johann Lodewyk Marais
ISBN: 9781869193652
Formaat: Sagteband, 72pp
(Stuur enige resensies of bydraes na bydraes by roekeloos.co.za)

