Sit ek in ‘n hoop verlepte frangipanies,
en steek ‘n siggaret op:
Ek’t jou bedrieg, ekt ons liefde:
gemaak ‘n lieg.
Ek’t jou seergemaak en kan
jou nie eens daarvan vertel nie.
Ek vrees jou woede-seer,
wat deur die kraanse van my
gebroke siel en vlees sal skeur.
Daarom sit ek hier,
van lunch-tyd tot lunch tyd.
Rook my siggarette en skryf
woorde oor my spyt.
