siel ruk
Sal jy optel die stukke van my.
As die grond my vang
Sal jou trane die dele heel …
En jou hart die krake vul
Sal jou asem lewe gee …
As my wasem teen die ruit
Opraak …
Kan jy vergoed vir die pyn en seer
Sal jou hand my siel-ruk-stil …
Sal jy die bang verdryf
van ‘n wereld sonder jou …
Sal jy …
Sal jy my wêreld vang
As ek in ewigheid verdwyn …