hoe dit was
Die geur van liefde waai deur haar gemoed.
‘n Glinster in haar oë wys haar hart se blydskap.
Ek kyk deur die menigte mense en sien verlief om haar mondhoeke.
Ek onthou hoe dit voel, of onthou ek net geskape beelde van die verlede.
My hart glinster ook steeds, net nie meer
vir jou nie.
My siel treur oor jou,
saggies maar wel.
My verstand is leeg, maar nog nie leeg
genoeg vir stof om daar te gaan lê nie.
Ek onthou die keer toe ek gedink het dat
die lewe ophou by jou.
Dit het nie, dit het net vir ‘n split sekonde stil gestaan,
maar nie opgehou nie.
Dit is dalk nou leër maar ek vul dit met
Soveel moontlike mooi as wat die wêreld my bied
Jou naam kom nie uit nie
Die woorde is verlore
Ek staar teen myself vas
Blywend en staande
Maar tog onthou ek hoe dit voel, al is dit net geskape beelde van die verlede.
afskeid van jou
Afskeid van jou:
My gedagtes waai op stil woorde na jou leë Mond
My trane rol deur jou siwwe siel
My gevoelens spoel soos water oor jou bestaan
My gemoed se bestaan stop voor jou deur
Elke oomblik tussen my en jou kom terug soos kinders gefluister
Nooit sou ek kon dink dat gebeure so in ‘n mens se
siel ingegraveer kan word nie
Daar was nie ‘n enkele oomblik van twyfel
oor ons samesein nie
Daar was wel oomblikke van vrees in my gestalt van dae sonder jou
Jy is soos my skaduwee wat wegkruip agter elke draai
Jy is die seer wat my drome inkleur in skakerings van trane en benoudheid
In my hart wens ek die mooi jou toe,
Maar in my verstand wens ek jou weg
My gedagtes waai op stil woorde na jou leë Mond
Soos die laaste tussen my en jou dood gaan
My afskeid van jou
Jou terugkeer na my
Maar dit was lankal reeds verby
