Hansie en Grietjie

Louis Pretorius is verantwoordelik vir dié splinternuwe vertelling van die bekende Hansie en Grietjie sprokie terwyl Mareli Hattingh die regie behartig. Saam met die ou bekendes is daar nuwe karakters om gehore te betower, soos Abba Den, Era Eik en Lupus en Lebo Wolf. Onder leiding van Hasie Kalbassie en Skillie Skilpad word vertel hoe Hansie en Grietjie saam met al hulle dierevriende die Wonderwoud in die Saamwerkwoud verander en in die proses Martel, die nare stiefma en Sudema, die kindervreter heks, aan die pen laat ry.

Te midde die kleurvolle avontuur is daar ook talle nuwe liedjies om te geniet, spesiaal gekomponeer deur Frieda van den Heever.

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar