Kieslys

Close


*/

16 Januarie
2009
Gedigte
2598 keer gelees
(*slegs web-weergawe)

Gedigte van Annelize Olivier

Indeks van digters

Verskoon my

Al die dae is nie meer stil nie,
Soos die ure na gister reik,
Verskoon my as ek telkens
Na die kleiner dinge kyk …
Al die mense jaag na iewers,
Los hul harte by die huis,
Verskoon my as ek somtyds hierdie fout vir hulle wys…
Is daar ‘n aanvulling vir koud wees?
Is daar ‘n rede vir vergeet?
Verskoon my as ek elke dag by jou die goed wil weet…
Ek het al lankal hierdie spore
Met my drome uitgevee,
Daar is nie substance nie,
Jou woorde het vir my die vrae gegee.
Al die nagte is nog donker,
Vol van artificial son,
Verskoon my as ek daarvan altyd later huistoe kom…
Is daar ‘n stroop vir hartseer woorde?
Is daar ‘n rede vir onthou?
Is daar ‘n inspuiting vir liefde?
Is daar ‘n teenmiddel
Vir jou?

Hiker

Al die motors jaag verby my,
En die lug is donkerblou,
en soos ek stap langs hierdie highway
Dink ek elke keer aan jou.
Ek was ‘n hiker in jou hart gewees
Met ‘n tas vol ‘droom’ en ‘hoop’.
Soos ‘n smous wat by die dieretuin
Memorabilia verkoop.
En ek onthou
Jy was altyd net die een gewees
Ek weet
Ek het jou draaiboek stukkend deur gelees
Ek dink
Dit was die meeste wat ek kon gebruik
Ek hoor
Dis hoe dit is, dis nooit soos wat dit lyk.
Al die mense stap verby my
En die vensters reflekteer,
En soos ek hike langs hierdie highway
Word my hart en voete seer.
Ek was verlore in jou hart gewees,
Met my hare in die wind.
Ek sal speel, en weer jou stories lees,
Soos ‘n kaalvoet- klonkie kind.

Kontroversie

Kontroversieel in die langste van dae,
My siel was gestroop en gehang,
Met die grootste en die beste van my vrae
Het ek gesit by jou deur en verlang…
Ek het geloop met al die woorde in my broeksak,
En hulle vrygelaat in die wind,
En by elke geleentheid en kruispad
Besluitloos gestaan soos ‘n kind.
Mag die winde van tyd my kom wegdra,
En die waters van skuld my vergeet,
Daar was soveel wat ek jou nog wou vra
Nog soveel van jou hart wil ek weet…
Ek het gestaan met my voete in die aarde,
En my drome in jou lewelose hand,
In elke oomblik sal ek soek na die genade
In die wereld se vergeetlike verstand.
Mag die lag van al die aande jou nog vashou,
Soos ons woorde my sal volg waar ek mag wees,
Ek sal die beste van jou antwoorde nog onthou
Tot ons saam van hierdie werklikheid vergeet….

Ek het

Ek het ‘n smile op my gesig,
Partykeer lag ek vir die lug,
My hart is dom maar ek is slim
Ek kan ‘n duisend berge klim.
As ek vir jou vertel van my,
Sal jy dat ek by jou kom bly?
As ek vir jou jou drome kry,
Sal jy my los dan is ek vry?
Ek wens die wêreld kan verstaan
Ek wou so graag saam met jou gaan.
Jy was nog altyd bietjie skaam,
Bietjie skaam, en aangenaam.
Sal ons more wakker word?
Hoeveel tyd sal ons nog mors?
Die lewe is nog altyd kort,
My siel praat sag ek hou my mond.
Ek het die sonskyn op my rug
Die lewe is ‘n bitter klug
Ek wens partykeer ek kon vlug,
En iewers anders sit en rus.
Sal ons ooit die tyd verstaan?
Dit loop so stadig soos “n kraan,
Die liefde bly maar soms seldsaam,
Ek mis jou stem, ek mis jou naam.




Gee jou mening







Gereeld gelees

11 Julie 2010
Gedigte
Verklarende Afrikaanse Woordeboek
Die Verklarende Afrikaanse Woordeboek (waarvan die eerste uitgawe reeds 70 jaar gelede verskyn het) is die handwoordeboek waarin die grootste versameling trefwoorde in Afrikaans verklaar word.
08 November 2012
Gedigte
Kort grappe
Jou ma is so kort, mens ...
27 November 2010
Gedigte
Die mooiste Afrikaanse liefdesgedigte
Die vierde, uitgebreide uitgawe van Die Mooiste Afrikaanse Liefdesgedigte is nou chronologies georden, sodat lesers kan sien hoe die Afrikaanse liefdesgedig oor die afgelope eeu ontwikkel het.
07 Januarie 2009
Gedigte
Gedigte van Anell de Beer
Wat 'n groot voorreg om deel te kan wees, en immers ek is bevrees. Ons is almal oud genoeg, om in die more te wroeg.
24 Mei 2012
Gedigte
Kort grappies
Wat is die verskil tussen ’n voël en 'n vlieg?

Onlangse kommentaar

Janet
2019-01-18 17:21:05
wat beteken kleingeestig...
H L Wehr
2019-01-17 22:25:02
Definisie en betekenis die verskil...
Robert
2019-01-10 18:20:15
Kan Annarine Erasmus my groot asb kontak deur my te epos na robert.conradie91@gmail.com Dis in verb...

Advertensie

Hou jy van ons hulpbronne? Oorweeg asseblief 'n donasie in Bitcoin: 179nZqSyFmYPcvu4ZU733PgXBKUYXcy9DD