Kieslys

Close


*/

25 Januarie
2009
Gedigte
2300 keer gelees
(*slegs web-weergawe)

Gedigte van Antoinette Smit

Stuur jou gedigte na bydraes@roekeloos.co.za Digters is ook welkom om een foto te stuur vir publisering.

Toe alles onskuld was
‘n Foto-raam
in gister-tas
gebuig
en oud verroes.
‘n Foto-raam
in gister-tas
toe ons nog kinders was.
Kaalvoet op ‘n nuwe pad.
die keuses
wyd en oop …
‘n Fotoraam
van daardie tyd,
toe daar nog vrede was.
‘n Eentand-kind,
‘n Ma wat lag
en almal saam vergaar.
‘n Foto-raam,
gebuig,
verroes
van lank terug
uitverneuk
van alles groot en magtig,
wat nou so klein
blyk wees.
‘n Foto-raam
van daai tyd …

Toe alles
onskuld was.

Gun my
Gun my net ‘n tikkie
semi-sentimentaliteit,
of is dit nou nostalgiteit.
Wat jy ookal my trane noem,
gun my net dit …
wat ek wil noem.

Ek mis jou elke oomblik
met elke asemteug,
met die fladder van my wimpers,
die eggo van jou stem.

Geluk is net ‘n lening,
die rente
… duur verdriet.

Gun my dan ook die vrede
wat eenstyds myne was
en moontlik een maal gister
… toe jy nog myne was.

Hoe verlang ek na die blerkas
Hoe verlang ek na die blerkas
ons eerste oggend bier,
die redelose uitsien
na ons saamgesteelde uur

Hoe verlang ek na die blerkas,
met ons “songs” hier in my kop,
die ritme oorverdowend
as ons die tyd wil fop.

Hoe verlang ek na die blerkas,
ons passie deur die dans
die nimmereindigende wete,
daar is nie nog ‘n kans.

Hoe verlang ek na die blerkas,
ons eerste oggend bier,
die redelose uitsien
na ons saamgesteelde uur.

‘n Halwe bottel brandewyn
‘n Halwe bottel brandewyn.
Al teken van ons samesyn.
Die reuk van lank gelede
se verotte vis en chips.
Ses vidios is reeds voltooi,
ek weet nie wat die titels is.
My hart en brein is heel
verwelk …
‘n Halwe bottel brandewyn
in ‘n donker skemer hoek.
‘n Halwe bottel brandewyn;
een tamatie;
‘n verdroogde stukkie toast.
‘n Halwe bottel brandewyn-
die einde van ons samesyn.

Hartpyn
Versplinterde harte;
Val stuk,stuk uit die lug.
Spoel weg met die eb-gety
in die dreine
van ons gesamentlike klug.

Twee saam versplinter in
eensaam;
eintlik verkletter in
geen saam.

Nooit kan water en vuur
bymekaar pas.
Nooit, dra ek of jy
weer mekaar se las.

Ons harte wat ek gedog het
so ritmies bymekaar pas;
verbrokkel,
verkletter,
versplinter-
in aweregse
stukkies as.

Ek is die vrees
Ek is die vrees wat soggens saam jou opstaan;
jou agtervolg-
in jou hart tamboer
en elke sekonde naderkruip …

Saam met die ouvrou met die uit tand
wat karre oppas
in wind en weer en reën
en elke Maandag
haar daaglikse brood afstaan
om af te sukkel na die kliniek
vir ‘n nuwe “panado”
wat vir alle skete moet help.

Ek is die vrees, wat deur die dag al dieper nestel,
wanneer ‘n jong seun om ‘n stompie smeek
terwyl sy melkbaard plek, plek deurslaan
en jy wonder, hoe hy ooit vir ‘n nageslag kan sorg.
Die angs in jou oë-
wanneer jy na die poskantoor stoep kyk
en die oorblyfsels van gisteraand se motel gewaar …

Ek is die vrees wat jou vanaand na jou verebed volg,
jou teister en pla;
jou drome versteur en jou asem laat jaag
en jou laat wonder-
of jy nog more jy gaan wees.

“Wikkel haai boude …” (Nuwejaar)
“Wikkel haai boude, wikkel haai boude …”
roep die klonkie in die straat
Al jolend roep ‘n fuiwer
“Waar is jy ou maat?”
Ant Stienie sweet haar voggies uit;
Die “kjint” gee net weer “moelikgeit”
“Wikkel haai boude, wikkel haai boude …”
Dis tyd om beloftes te maak
Die melomaan van gisteraand
bedryf sy snarespel.
Die dolliwari op my kop
begin nou windskeef skuif.
“Hiep, hiep, hoeraai”
Die oujaar is verby
Hierdie jaar, is net die jaar vir my.
‘n Afkop bottel langs die pad
is lankal leeg gesuig.
Die hond se stert was aan die brand;
Wie kan dit “explain?”
“Wikkel haai boude, wikkel haai boude!”
Jy moet nou lewe kry,
want die oujaar is verby –
Ja, die oujaar is verby.




Gee jou mening







Gereeld gelees

11 Julie 2010
Gedigte
Verklarende Afrikaanse Woordeboek
Die Verklarende Afrikaanse Woordeboek (waarvan die eerste uitgawe reeds 70 jaar gelede verskyn het) is die handwoordeboek waarin die grootste versameling trefwoorde in Afrikaans verklaar word.
08 November 2012
Gedigte
Kort grappe
Jou ma is so kort, mens ...
27 November 2010
Gedigte
Die mooiste Afrikaanse liefdesgedigte
Die vierde, uitgebreide uitgawe van Die Mooiste Afrikaanse Liefdesgedigte is nou chronologies georden, sodat lesers kan sien hoe die Afrikaanse liefdesgedig oor die afgelope eeu ontwikkel het.
07 Januarie 2009
Gedigte
Gedigte van Anell de Beer
Wat 'n groot voorreg om deel te kan wees, en immers ek is bevrees. Ons is almal oud genoeg, om in die more te wroeg.
24 Mei 2012
Gedigte
Kort grappies
Wat is die verskil tussen ’n voël en 'n vlieg?

Onlangse kommentaar

Janet
2019-01-18 17:21:05
wat beteken kleingeestig...
H L Wehr
2019-01-17 22:25:02
Definisie en betekenis die verskil...
Robert
2019-01-10 18:20:15
Kan Annarine Erasmus my groot asb kontak deur my te epos na robert.conradie91@gmail.com Dis in verb...

Advertensie

Hou jy van ons hulpbronne? Oorweeg asseblief 'n donasie in Bitcoin: 179nZqSyFmYPcvu4ZU733PgXBKUYXcy9DD