Kieslys

Close


*/

22 Mei
2009
Gedigte
3325 keer gelees
(*slegs web-weergawe)

Gedigte van Carla Lategan

Een man asseblief

Hiermee my bestelling,
Een man asseblief.

Geen strikkies of valletjies nie,
Geen moerse spiere of fancy haartjies nie.
‘n dood gewone ou,
Waarmee ek my lewe kan bou.

Met oorgawe wil ek kan sê:
“Hierdie is ‘n man van passie,
lewenslus en intensiteit,
Hy staan vir respek en liefde”

Maar bo alles,
mag hy asseblief my drome deel.
en mag ons intelligente gesprekke,
net soos ons doelwitte nooit verdor.

Maar mag hierdie man tog nog een eienskap hê,
Wat ek bo alles wat ek reeds gevra het sal kan sê.
“Hy vrees my God”

Wondersoete agressie

Nou, meer as ooit, soek ek ‘n skuiling,
Een van die persoon in die spieël.
Ek wil haar nie sien nie, sy oordeel en spot te veel.
Miskien as ek die spieël kan breek,
Sal ek die skerwe kan gebruik om koorsagtig deur my hart te steek.

Ek gryp vandag vir Woede aan die keel.
Ek’s jammer, jy’t lank genoeg my vrede gesteel.
Ek wil jou vandag nog kan liasseer,
Onder: Gedane sake het geen keer.

Die doodsondes van my

Die gaste is almal hier,
Vandag se teeparty is reg.
Almal netjies uitgevat,
Gestrikdas en gevleg.

Elkeen eintlik ongenooi,
Tog dans hul in my bloed
Jaloesie sit regoor Woede,
En Selfsug, langs Hoogmoed.

Tussen begeertes en luste
Hou mooi maniere nie lank.
Elke keer, as ek so hard probeer,
Kry hierdie gaste die oorhand.

Die meester ontsnap van die donker lig,
Almal glimlag, knik wetend na my
Hy kyk smeulend en tevrede
Al wat ek moet doen, is by hom bly.

Hy lag en belowe, hy is die skadu in my,
Alweer moet ek soebat en pleit.
Hierdie bekende besoeker,
My … ewige stryd.

Crimson darkness

This red, red night,
a backwash of time and deliberations.
This world, a current of conventions and sin,
why do you choose indifference above vindication?

You, don’t have it,
No-matter how hard you try.
You, can’t have it,
No-matter how hard you lie.

This is me pleading,
pleading at myself.
Why this red disaster,
why can’t I just forget?

And still, still this night stays red.

What is the difference?

I’m tired of the darkness,
The unforgiving minute of
Indecisions and voices in my head.
I’m tired of massacres
And just another war.
Maybe it is to be dismissed,
But it has driven into my core.

An abandoned dog in a back alley,
And my broken soul.
What is the difference?
I ask you only, what is the difference?

When I wake up from all this,
Maybe I can sleep at night.
Maybe I will be able to breathe.

I’m tired of the stillness,
After another genocide – the
Ashes still left glowing.
I’m tired of giving up
Each day for nothing but myself.
While the ones who have the power
To an end choose to be stealth.

Rushing chemicals through my
Bloodstream and watching another
Failure in the tracks.
What is the difference?
I ask you only, what is the difference?

Die vreugde van my vrede

woorde ontglip my,
soos die tyd ons ontbreek.
hierdie onvergeeflike sekondes,
sal in my siel bly steek.

saam sak ons kaalvoet weg na elke brander,
ek voel jou ongetemde oë aan my klou.
en soos ‘n geheim, bêre jy my,
jou arms giet my diep binne-in jou.

die nanag fluister so diep, so sag,
in die geweld van die windstil November sterreruim.
maar, vergewe my O God!
waarom is my hart, vir jou en vir jou en vir jou so klein?

maar soos wat jy onkeerbaar teen my begin bewe,
begin bloei in my, die onbetwisbare vrede.
en baie ver weg van die gewete,
word 95 ‘n 100 vir my wese.

Jy

jou oë is my oasis
jou sagte kyk, kyk dwarsdeur my,
en soms doen jy meer met jou gedagtes,
as met n duisend woorde aan my sy.

ek lief jou in die more
en ek lief jou in die nag,
jou arms, ‘n warm uitweg vir al my sorge,
meer nog, jou stem, met my in jou mag.

die noodlot speel saam met my oneindige trots
as ons saam die toekoms kan baan,
jou skouers onveilbare rots,
dan roep ek jou een-lettergrepige naam.

Indeks van digters

(Stuur jou gedigte na bydraes by roekeloos.co.za)




Gee jou mening







Gereeld gelees

11 Julie 2010
Gedigte
Verklarende Afrikaanse Woordeboek
Die Verklarende Afrikaanse Woordeboek (waarvan die eerste uitgawe reeds 70 jaar gelede verskyn het) is die handwoordeboek waarin die grootste versameling trefwoorde in Afrikaans verklaar word.
08 November 2012
Gedigte
Kort grappe
Jou ma is so kort, mens ...
27 November 2010
Gedigte
Die mooiste Afrikaanse liefdesgedigte
Die vierde, uitgebreide uitgawe van Die Mooiste Afrikaanse Liefdesgedigte is nou chronologies georden, sodat lesers kan sien hoe die Afrikaanse liefdesgedig oor die afgelope eeu ontwikkel het.
07 Januarie 2009
Gedigte
Gedigte van Anell de Beer
Wat 'n groot voorreg om deel te kan wees, en immers ek is bevrees. Ons is almal oud genoeg, om in die more te wroeg.
24 Mei 2012
Gedigte
Kort grappies
Wat is die verskil tussen ’n voël en 'n vlieg?

Onlangse kommentaar

Janet
2019-01-18 17:21:05
wat beteken kleingeestig...
H L Wehr
2019-01-17 22:25:02
Definisie en betekenis die verskil...
Robert
2019-01-10 18:20:15
Kan Annarine Erasmus my groot asb kontak deur my te epos na robert.conradie91@gmail.com Dis in verb...

Advertensie

Hou jy van ons hulpbronne? Oorweeg asseblief 'n donasie in Bitcoin: 179nZqSyFmYPcvu4ZU733PgXBKUYXcy9DD