Kieslys

Close


*/

27 Mei
2009
Gedigte
6595 keer gelees
(*slegs web-weergawe)

Gedigte van Carol-Ann Steyn

Waarom baklei?

Waarom so baklei?
Het ons nie al genoeg gely?
Deur modder, deur turf.

Waarom so baklei?
Di’s net ons wat daaronder lei.
Wees sterk, wees sterk.
Ons sal jou daardeur trek.

Waarom so baklei?
Moenie so baklei!
Di’s ons wat daaronder lei.
Ons is nie klei.

Doppie

Die doppie proe so lekker
Want hy maak so lekker,
Lekker soos ‘n cracker.

Ons is moeg,
Moeg geswoeg, moeg geploeg.
Gaan ons nog lank so sukkel?
Ek is moeg, moeg gesukkel.

Ek is moeg probeer.
Waar is die geweer?
Nee wag, ons moet seker weer probeer!

Bring daardie doppie.
Asseblief, nog net een proppie,
Vir hierdie seer koppie.

Pa en Ma se Seun

Jy is ons seun
Klaar met die dinge van ‘n kind
Onthou ons is steeds daar om jou te ondersteun
En jy is steeds aan ons gebind.

So trots, so trots
Ek en jou Pa
Julle het nog nooit gebots
Jy en jou Pa

Die Heer sal jou seën.
Jy is ‘n goeie seun
In murg en been
En dit is geen leun.

Waarom

Waarom so gou?
Waarom nou?
Daar was nog so baie wat ek nog wou sê
Ek wens ek kon nog ‘n rukkie by my Moeder lê
Daar is nie nog ‘n Moeder soos jy.
Moeder jy het jou lewe aan ons gewy.
Altyd daar om ons te bewaar.
Vir ons was Moeder altyd daar.

Dankie

Dankie liewe Heer.
Aan U liefde is daar geen keer.
Dankie Heer vir al die gebede,
Vandag, môre en ook die verlede.
Dankie Heer vir almal wat omgee,
Bewaar elke een op sy of haar weë.

Die Son

Hy is tog so mooi,
En tog so fraai.
Warm en in rooi getooi,
As ek hom net vir jou kon toedraai.
Vasbind met ‘n dik strik,
Vir jou stuur en sê.
“Dê, die SON.”

To My Mother – THE BEST MOM EVER

Mom, u are my most precious gift ever.
you were always there.
When our knees needed bandaging
and to read our favorite stories over and over.

I want to thank you, Mother,
for your patience
your encouragement
your strength
your generosity
your unswerving love
and for those six little words
that helped me through
so many trying times.

Although we had to lay u to rest,
I just want to say
“I LOVE YOU, YOU’RE THE BEST!”

My Moeder

Moeder, ons mis jou oneindig.
Dit is tog so moeilik om te glo,
Ons ou Moedertjie is nou daar bo
Ek wens dit alles kan nou eindig.

As ek tog net die tyd kon terug draai,
en sê “Ek het Moeder tog so lief!”
my Moeder was die beste,
maar die dood is soos ‘n dief.
Hy vra niks, en gee net seer.
Alles is nou buite beheer
En nou is ons liewe Heer in beheer,
En ek weet daar was geen keer.

Ek wil net sê,
daar waar my Moekie nou lê.
“Moeder, jy word vreeslik gemis en ek het jou tog so lief.”
Al wat ek nou nog oor het is hierdie brief.

Vi Altyd Stil

My Moeder is nou vi altyd stil.
Dit was net die Heer se wil.
My hart soek vrede in ‘n droom,
Moet ek swyg en sonder jou droom?

Jou stem, nou vi altyd stil.
Ons was aan mekaar gebind,
Soos vygies met ‘n lint.
Moeder dit was nie jou wil.

Jou stem nou vi altyd stil.

Indeks van digters

(Stuur jou gedigte na bydraes by roekeloos.co.za)




Gee jou mening







Gereeld gelees

11 Julie 2010
Gedigte
Verklarende Afrikaanse Woordeboek
Die Verklarende Afrikaanse Woordeboek (waarvan die eerste uitgawe reeds 70 jaar gelede verskyn het) is die handwoordeboek waarin die grootste versameling trefwoorde in Afrikaans verklaar word.
08 November 2012
Gedigte
Kort grappe
Jou ma is so kort, mens ...
27 November 2010
Gedigte
Die mooiste Afrikaanse liefdesgedigte
Die vierde, uitgebreide uitgawe van Die Mooiste Afrikaanse Liefdesgedigte is nou chronologies georden, sodat lesers kan sien hoe die Afrikaanse liefdesgedig oor die afgelope eeu ontwikkel het.
07 Januarie 2009
Gedigte
Gedigte van Anell de Beer
Wat 'n groot voorreg om deel te kan wees, en immers ek is bevrees. Ons is almal oud genoeg, om in die more te wroeg.
24 Mei 2012
Gedigte
Kort grappies
Wat is die verskil tussen ’n voël en 'n vlieg?

Onlangse kommentaar

H L Wehr
2019-01-17 22:25:02
Definisie en betekenis die verskil...
Robert
2019-01-10 18:20:15
Kan Annarine Erasmus my groot asb kontak deur my te epos na robert.conradie91@gmail.com Dis in verb...
Robert
2019-01-10 18:11:44
Hi annarine dis Robert hoe kan ek met u kontak maak. Stuur asb virmy 'n epos na robert. conradie91@...

Advertensie

Hou jy van ons hulpbronne? Oorweeg asseblief 'n donasie in Bitcoin: 179nZqSyFmYPcvu4ZU733PgXBKUYXcy9DD