Gedigte van CH Badenhorst

Kies en Keur

Hier tussen my jare, sit ek en wonder
oor al die maande van verlore sorge
wie weet, sal ooit weet die rede agter my verlede
wat sou en kon gebeur veral my verre hede

Dae kom en gaan, wat is die doel van als
soms dink ek an dinge wat my pla
Waarom is daar tog sulke goed wat mens beruspe
Jou gewete bemoei met onodige kort verhale

Hoekom is al die mense so ongelukig, oor dinge
Dinge wat ander nie altyd het, dinge van drome
Drome wat nie eens beskou kan word, of sal word.
Wanneer gan als net beter gan, dis die vraag na wie almal smag
Hoekom wag vir antwoord op ‘n retoriese vraag?
Ja dink nou, dink vandag, vergeet van die verlede en die toekoms
Dink nou, nou-nou.of dalk vannag

As ek so na my venster uitstaar, en dink,
Sit ek en dink oor hoekom ek ooit ontevrede was oor,
oor dinge wat meeste van ons droom, dalk waardeer ek dit nie
Maar ek besef nou, ek het geen rede om te kla, want ekt nie verloor

Vir ‘n kort rukkie het ek my hart by die Here dalk verloor
Ek besef dit nou en wil my hart tot hom bekoor
Vanaf ek klaar met die ander kant se lewe is, die lewe
Waar als net lekker was, sonder worries, oor wie, of wat okkal

Mens gan deur fases, elke dag ‘n nuwe ene
Ek sit en glimlag nou want ek weet die fases maak net sterker
Mens wroeg en spartel oor als negatief en afkrakend, is dalk in jou gene
Waarom die negatief raaksien as die goeie jou in die gesig staar
JA sommige van ons het dalk rede, maar tog is daar ander
Ander met geen ander hede, omstandigehede is soms maar naar

Met sommige gaan alless eintlik goed,
Maar sien tog die “als” in ‘n ander moed
Die lewe is ‘n instelling, ‘n instelling wat mense self sigureer
Kyk na jou, ja jou alleen, want dis elkeen
Elkeen met sy eie kies en keur

Stille nag

Stilte was die woord,
so sag en strelend soos ‘n akoord
dit voel soos glorie maar dalk moord
dalk is ek honger, miskien vir brood?

Soms karring ek dalk te veel,
soms wil ek dalk iets net met iemand deel
ek is jammer maar soms, ja soms is ek maar verveeld
soms glo ek dis seker my bou, soos meel

Jammer as ek dalk maklik erg raak
mense verwys na my as ‘n hond wat braak
is ek dalk effe van ‘n verkeerde maak
seker waarom sukkel met my spraak

stilte weet jy was dalk jaloers
dalk stilte was jy, was jy nie op koers
sit en wonder en dink al my naaste, my broers
stilte stilte stilte, jys ma regtig jaloers!

Rym is so voorspelbaar, dit bring iets te mee
iets wat stilte nooit vir ons kan gee
mense praat oor wat okkal en soms vra hul waarmee
seker waarom mense mekaar so teneer kan smeer

Gee om vir jou naaste, praat met hul stilte
stilte stilte stilte vergeet van my
ek is sommer net een van daai gevlekte
wat soek na die spesieke sy

Sy ja sy, wies die sy, my sonskyn in die oggend
vra maar so onodig briewe en stiltes
skynend is my sonskyn, alweer in die oggend
vandag was stilte weer stilte en ek haat dit!!!!

Stilte stilte stilte… verlos my stilte, vreugde aan die
wat deur die duister sal woekel, sal streef
ek het genoeg daarvan, genoeg van spraakloosheid
en wil vorentoe en my spraak uitleef,
aan die…

Stille waters… stille waters.. alles kom tot niks,
kyk vandag, praat vandag en streef vandag,
want more is dalk nie meer, dis dalk die einde
die einde van alles hier… alles kom tot niks!

Indeks van digters

Stuur jou gedigte na bydraes by roekeloos.co.za

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar