Stuur jou gedigte na bydraes@roekeloos.co.za Digters is ook welkom om een foto te stuur vir publisering.

 

op my knieë

op my knieë voor my God
soos ’n kers en ’n mot
trek U my nader vandag
vul my met U krag

U alleen het my vergeef
in U alleen sal ek vir ewig leef
U seun vir my gegee
U my trane weg gevee

al wat ek vra in gebed
U seën oor almal wat ek lief het
laat hul vandag U liefde voel
U genade en vrede oor hul spoel

en Heer as dit U behaag
skenk my haar liefde graag
wys haar ons is bedoel
maak haar hart oop sy myne kan voel

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar