´n Bekende ongesonde plek
Alles so gekompliseerd maklik met jou
tweede helfte langs jou sy
op sy dag soos ´n wederkoms
breek hy af om weg te gly
sonder hom vloei jy voort stukkend
en weer elementêr
geisoleer van sy gehegtigheid: ´n boom
in jou eie bekende woestyn
Maar op ´n dag kom daar ´n reën
kom daar ´n stroom en binnekort
groei jy die boom in jou vrugbare vallei
(Stuur jou gedigte na bydraes by roekeloos.co.za) Digters is ook welkom om een foto van te stuur vir publisering.
