Gedigte van Floris Kotze

Indeks van digters

Stuur jou gedigte na bydraes by roekeloos.co.za

Vermy

Ek bly net in revolusie
Altyd vir kort tydjie
Engele se huis, geensins
Jy is almal se hoop
Wens jy kon myne wees
Jy moet verander,
of dalk nie.

Dit kan net beter raak
Ek onthou jou laaste woorde
Ek sal dit nie verhaal
As jy dink jy kan my vergewe
Ek dink ook so

Ek ruik nie jou vars blomme
Alles was vals soos jou woorde
Lig val op jou soos nooit tevore
Jy nou miskien gelukkig
Jammer nie van my nie

Hoekom verandering vra?
Geen verandering deesdae
My hart op my pols
My seer word vermors

Ek glo, kan beter met jou
Hoeveel seer, kan skaars onthou
Nooit weer aan jou vasklou
Ons het te lank aangehou

Net nog ‘n dag sonder die water
Net nog ‘n speek waat draai
Ek is wat ek moet wees
Moenie dit verander, dis my vlees

Ken myself, nie so goed soos verlede
Maar seer ken my in die hede…
Jy sal altyd by my bly
net nie vandag nie, ek moet jou vermy.

03/2009

Lang Desember

Ek het nie myself toegelaat
Ek sien myself langs jou
My verbeelding op hol
jy was nooit daar

Het ek tog nooit bestaan?
Jy het my laat gaan
Alles waarvoor ek leef
Was alles ‘n leun?

Ek vertrou myself nogsteeds
Jy dink jy is die een, dis wat ek weet.
Dis nou middernag, sonder jou
Wag vir Jesus en dalk geloof

Sien jou soos daglig voor my
Ek is jammer, ek was harteloos
Ek het vergeet wat ek moet doen
Ons altwee in seer verdoem

Ek onthou wat ek moet vergeet.
Die volgende moet jy weet.
Moelikste om te vergeet,
maklikste om te onthou, emosies.

Ek loop vêr weg van jou
dit terwyl jy wakker word.
Jy wil wees soos ek behoort
Ek wil alles hê wat ek sien
Vandag myne, geensins more
Alles vanaf nou kom terug

Ek het gelukkig my siekte
Haal jou hande af van my
Ek soek iemand anders,
wat vir my kan bloei.

Ek het probeer, ek was verstandig.
Ek was vir eens alleen, jy kan aanpas.
Ons leef in sinistie,
jy gan nooit verdwyn.
Kon ek nie my geheue verloor
Dink aan die slegste, oor en oor

Ek soek die weg van vertroue,
Weer Middernag in die koue
nou sonder jou wat my verneder
volgende keer, maar nie voor
my lang Desember.

03/2009

ongetiteld

Jy het my kom groet
So het ons ontmoet
Jy het my bekoor
Ook myself in jou verloor

Te eerlik, deurgebreek
Kan nie my emosies te versteek
Deur tekens verswelg
Jy, telkens in my hart gedelg

Probeer teen liefde baklei
Nee! Waarom jy?
Ontken en probeer
Te beskerm teen seer

Jy, Engel in vlees
Ek, ontlas van vrees
Soveel jare, geen verskil
Soveel weisheid in jou onthul

“Soek en jy sal vind”
Dit maak nou eers sin
“Voorwaar ek sê vir jou …”
Ek sal jou vir altyd onthou.

03/2009

Keuse

Hoe kan geluk omswaai in ‘n nag
Niks meer gevoel van jou hande sag
Ek sien nie meer jou trane oë
Hoekom wurg die verlede my so?
Waarom het jy die onvergeetlike gedoen
Hoeveel van hulle het jy verloon
Hoeveel keer het jy jouself verloor
Vra ek myself oor en oor.
Ek dink aan die minuut toe ek jou vergewe
Nou, ure se pyn in my verewig
My hartseer is al wat my hinder
My blydskap rondom jou, al minder.
My liefde is nie meer ter sprake
Ek, vasgegryp in jou verlede se kake.
Ek het probeer verstaan vir maande
Wat jy verbrokkel het in velede aande
Ek kannie ophou dink aan hulle
Juis daaroor al ons verskille
Ek kannie langer worstel en stoei
Jy en jou verlede, my hartseer bloei
Ek het die keuse lank terug geneem
Saam met jou die toekoms verneem
Vandag word nog ‘n keuse voor my gestel
Is dit die einde van ons liefde spel?

Tydlyn

Teenstrydig is die gedagte,
nie meer alleen, nie meer verlate.
Wonder altyd, wens nog steeds.
Nie net jy, maar ons was reeds.
Wens ek, soos in die verlede,
of ek ons vir altyd kan verewig.
Besef, en probeer verstaan,
dat ons, soos die volmaan,
soos die somerson,
soos die wonderboom,
ons Augustus blare gaan verloor.

Vergewe

Hoekom was die vraag,
hoekom was die antwoord.
Jy is weg, elkeen soek sy soort.
Veroordeel wou ek nie,
Die Here weet hoe moeilik is hierdie.
Om tyd te verstaan sal nie baat,
nagedagtes verander in haat,
goeie tye word vas verwurg,
hieruit gan ek nooit ontvlug.
Want soos jy al weet,
gaan trane nie meer heet,
kan ek die donker nie verduur,
jy is weg soos die skadu teen my muur.

Met geluk

Net die gedagtes bly om heen,
met die bewys van meer as een.
Voel ongelukkig gelukkig,
hoop dit bly altyd gunstug.
Waarom die seer eers moet,
voordat vreemde liefde soet.
Het nog altyd probeer,
maar die pyn bly seer.
Wens altyd vir ‘n gedagte,
dit bly die ewel in die nagte.
Waarom probeer verstaan,
waarheen die verlede gaan?
Die verlede staan en wonder
soos vreemde gesigte in die donker.

My bedoelings

Met meer hoop as gevoel
wil ek vir jou verseker
ek weet nie van beter.
Want my gevoel word bedoel.
My alles is ontbloot,
ek, my alles word weggestoot.
Verstaan my vra ek nie,
as ek kon sou ek nie,
stil, benewe, onrustig,
alles gebeur baie vlugtug.
Ek probeer benewens jou,
alle onsekerheid hier uithou.
Deur liefde word dit oopgekloof
met sekerheid het jy dit van my beroof
enigste menswees van my eie,
in jou hande is my nuttelose lewe.

Emosies

Nie net verleidend,
nie net verweite,
wees die een en is altyd jy,
net voor agter en net by my.

Wens ek dit was altyd so,
en ek en jy altyd bewoë.
Lewe is langste maar kortste.
Jy saam met die lewe en worstel.

Ons wens dit kon bly,
maar nie toegelaat,
want na blydskap, haat.
net voor agter en net by my.

Alles goed nooit sleg,
is ons soos ander,
altyd geheg,
aan ons wat altyd wandel,
hoop ek dit hou
want soos die doop
beteken ons sonder dit
roosterbrood sonder stroop.

Ek en jy

Ek onthou hoe ek en jy,
net die ander nag nog,
elke oomblik aanmekaar gewy,
mekaar kon volmaak.

Vergete van alle tye
het ek en jy mekaar ontmoet
liefde was nie ter sprake,
so het ek gehoop.

Maar nooit weer kan ek en jy sag,
sag inmekaar se ore,
soos net die ander nag,
vertel van mekaar se sorge.

Alles is in dae uitgevee.
As ek kon sou ek weer,
want my lewe sal ek opgee
want vir jou, my lief, het ek die seerste seer.

Alleen

deur donker ure sit ek heen
met die geraas om my, hoop en nie eks alleen
altyd iets om te doen
vrees vir die volgende: “wanneer kan ek jou sien”
met hoop dra die dag tot ´n einde
net vir die volgende: “ek is weer alleen”
struikel met hom, die wenner
wens ek net jy kon hier
net jou oë voel, jou hand sien
dan sal ek net soos altyd weet
nou is ek alweer alleen.

My Gebroke Liefde

lewe jaag na ´n stilstand
ek raak, kyk en verhewig jou
net die woorde en die Barmhartige hand
laat my en jou vir altyd hou

lewe ek vir die een altyd?
is ek altyd net net alleen?
wonder ek hoekom so baie my verwyt
almal wat hier rondtom my heen.

“Getrou bly ek net vir jou”
het ek myself oorreed,
tot vandag, ek het vergeet om te onthou
vandag, my lief, het ek van jou vergeet.

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar