Gedigte van Justi Sasser

Indeks van digters

Stuur jou gedigte na bydraes by roekeloos.co.za Digters is ook welkom om een foto te stuur vir publisering.

 

Doen dit

verander jy
weet jy dit
voel jy dit
kan jy dit voel

wag jy
hoekom wag jy
waarom staan jy
doen dit

Daar is plekke
en geheime
jou weerhou
soek dit

doen dit
wat ook al
waar ook al
doen dit

as jou hare in die wind waai
is daar ‘n rede vir jou skoonheid
soek ‘n rede en
doen dit

en in die stilte
droom jy
draai om
en doen dit

 

Indeks van digters

Stuur jou gedigte na bydraes by roekeloos.co.za Digters is ook welkom om een foto te stuur vir publisering.

Lewer kommentaar

Leave a Reply