#Woordfees Katalekte

Katalekte,
Roekeloos,
6 Maart 2015.

Katalekte vorm ‘n drieluik met Breyten Breytenbach se vorige twee bundels, Die windvanger en Die beginsel van stof.

In 2013 het Breyten ‘n keur uit die bundel saam met Schalk Joubert, musikale verwerker en komponis, opgeneem – ‘n beeldskone, hipnoties musikale reis van woord en klank wat jou nader aan die rykheid van die taal bring. Joubert sit nou hierdie reis voort, met die meesterlike perkussiespeler Ronan Skillen, Laurinda Hofmeyr op klavier en Toast Coetzer, Vicky Davis, Danie Marais, Nicole Holm en ander gerekende digters en akteurs wat die vertolkings en voorlesings behartig.

Met: Schalk Joubert, Ronan Skillen, Laurinda Hofmeyr, Toast Coetzer, Danie Marais, Vicky Davis, Nicole Holm en ander

Genre: Musiek
Taal: Afrikaans
Ouderdomsbeperking: Geen
Tydsduur: 70 minute
Kaartjies: R 100
Plek: kykNET Fismer, Stellenbosch
Datum: 8 Maart 13:30

Woordfees 2015

2

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar