Indeks van digters

Stuur jou gedigte na bydraes@roekeloos.co.za Digters is ook welkom om een foto te stuur vir publisering.

Meisie met die ghoema hare

Meisie met die ghoema hare, wie se voorvaders geprys moet word, omdat jy nog steeds voortbestaan.
Meisie met die ghoema hare, wie se selfbeeld bevraagteken word, omdat jy anders lyk, anders dink en anders voel.
Meisie met die ghoema hare, wie se vrou-wees van haar af weggeneem was, omdat omstandighede geen inkomste toegelaat het nie.
Meisie met die ghoema hare, wie se intelligensie gesien word as nul, net omdat hulle jou nie ‘n kans gee om jou te bewys nie
Hulle trap jou wanneer jy opinies lug.
Meisie met die ghoema hare, jou omstandighede maak jou nie,
Jy is sterk
Ambisieus
Jou hare is sterker as die relaxste goeters
Jy is ‘n slim kind,
Gebore uit ‘n sterk vrou
Jy is hier om ‘n verskil te maak
Jy is GHOEMA, want dit spreek volumes.

Skillie

As oë skille was
hoeveel oë sal nie op die grond gelê het

en jy daarop trap en sê dit is seer
só sê jou brein vir jou oë en jou spyt wees,

en jou hart klop ‘n ander deuntjie van pyn en nog meer

Indien oë nie skille was nie
sou dit verhard wanneer die son skyn en sag word wanneer dit reën
dit sou nie blom nie, want geen saad sal ontwikkel sodat dit kan groei
dit sou net verdor en bakterieë laat broei

Ek skree

Sy skree
skreeu van die pyn
skree dat alles verdwyn
die sneller getrek vir die tweede maal
een in die fibula en toe die humerus
hy staar terwyl sy hinkepink na die deur
sy moes na Ma Kittie geluister het
haar stem sal haar red
haar pyn sal verlig
die handvatsel reik uit na haar
sy is naby
maar toe —
vernou haar visie
gevolg deur swartheid.
in haar eie plas bloed

My Kind

My kind
Vir 9 maande dra ek jou,
jy gee bestellings deur my oë
skop my wind as ek wil opgee
my beste ondersteuner wanneer ek moed verloor
jy het die hef in die hand
gekant teen dit wat nie goed is vir my
jy gee opdrag wanneer dit tyd is om te rus
my gedagtes word ge-sis
wanneer dinge teveel word
my beste maatjie word gevorm
in ‘n skoot vol liefde en hoop
dat wanneer ek jou uiteindelik in my arms vashou
ek my oor niks hoef te bekommer
jy was nog al die pad met mỳ.

Indeks van digters

Stuur jou gedigte na bydraes@roekeloos.co.za Digters is ook welkom om een foto te stuur vir publisering.

Lewer kommentaar

Leave a Reply