Gedigte van Petro Hendriks

Indeks van digters

Stuur jou gedigte na bydraes@roekeloos.co.za Digters is ook welkom om een foto te stuur vir publisering.

As ek drome droom – Natascha van Blerk

As ek drome droom, sien ek my lewe gedeel saam jou.
As ek alleen is, is dit net jy waaraan ek vashou.
Sonder jou is my lewe droog en leeg,
Maar in jou teenwoordigheid is ek die blyste mens wat leef!

Daar is sommige goed wat ek nooit verstaan nie.
Ek’t al soveel keer gekniel en net gevra : ‘asseblief’.
Ek het al geleer dat mense bang is vir mense,
Omdat daar geen vertroue is in niemand se lewe.

Hoe moet ek myself altyd in ‘n ander se posisie sit,
As hulle my nooit in ag neem en aanhou rond skud?
Jy is die groot, groot liefde van my lewe,
As ons erg baklei is ek vol bangeit en bewe.

Jy verras my altyd met die mooiste dinge.
In ons verhouding is ek meeste kere die blinde,
Maar om dit alles kry ons, ons paaie weer bymekaar.
Jy laat my spesiaal voel en speel die beste kitaar!

Jy is goed in alles, wie is ek om jou te verdien?
Tog bly jy by my en het my terug lief.
Daar is net berge agter my en ope waters voor.
En ek sit graag by jou terwyl jy jou sigaret rook.

Die plekke waar ons onsself vind, is net perfek,
Vir elke oomblik, woordewisseling of selfs plain gesprek.
Dis hoe ek oor jou droom elke dag en nag,
Terwyl ek vas is in iemand anders se mag,
Maar even as ek vry is, is jy naby my
Al wil jy nie kyk, jy beteken die wêreld vir my!

It’s over! – Natascha van Blerk

I read it in a magazine that us girls
Have three days to cry and throw away the pearls.
So sooner or later I’ll forget you,
You’ll be out of my mind ‘cause I’ll have someone new.

But still I just can’t believe –
That you had the guts at night to leave
And dare to come home in the mornin’
With that girl that keeps on callin’.

Guess it’s typical for you to lie
‘Cause you’re an useless idiot guy!
You used to come home only at sundown
And all the days I was waiting and lying around.

The day I saw that red, red lipstick,
I knew exactly the kind of chick.
You stared at me, standing in the doorway,
I wasn’t surprised at all, not even blown away.

We always broke into a nasty fight
And guess what, I was the one that was always right!
I thought you were a person that was shy,
Later I realised that all the time you were high.

I couldn’t make a better choice than leaving
And I loved the way I left your nose bleeding
Maybe on you, I was a little bit hard,
But hey, I just couldn’t resist your credit card!

Ek’s mal

Ek’s mal oor jou geaardheid
Ek’s mal oor hoe jy wegkyk
Ek’s mal oor jou donker hare
Ek’s mal oor hoe jy speel op kitaarsnare
Ek’s mal oor jou hartseerheid,
in jou oog, die reënboog.
Ek weet jy weet jy maak my mal.
Ek bly dink
aan
jou
en dit is al.
Ek’s mal oor hoe jy soen,
Maar meestal is ek mal oor wat jy aan my doen!

Pieter van Blerk – Herstelde Kruis

Wie kan iets maak, en so lief wees daarvoor?
Wie kan ‘n mens raak,
Sy liefde vir dié onbeskryflik maak?
Dinge kom en dinge gaan
Mens moet net die krag hê om dit te laat gaan
Die vyand kan sy dinge stuur
Wie kan teen die krag van God duur?
En as God in my bly
Wie kan staan teen my?
As bewys hiervan, hier sit en skryf ek
Woorde in ‘n ry:

“U is die vlam van my kers
U is die woorde van my vers
Ek is die koning en U my kroon
lieflike geure van blomme omring U, om U troon
Hy stuur die grootse blydskap op sy tyd
Hy loop en reënboë skiet voor Hom uit
Hy bring die mooiste vrolikheid”.

Is jou kruis gebreek mens?
Soos botter wat wegsmelt in brood,
So sal jy wegsmelt saam met die dood
Herstel die kruis wat die Here vir jou aan gesterf het
Slaan vas die kruis wat jy in jou hart het
Jy wat glo, maar nie doen nie
As jy regtig liefhet, sal jy enige iets doen vir dié
Is dit nie so nie?
Kyk na die groot ope hemel, sien die wolke
Want eendag, sal Iemand afdaal
Op dieselfde wolke, om jou te kom haal
Jy moet maar altyd reg wees
Want daardie dag, kan vandag wees!

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar