Vreugde is, waar ek dit gevind het
Die Jakaranda-strate roep my vanaand
ek luister na Valiant se liedjie op die wind
om my hart te volg waar hy gaan
opsoek na vreugde
waar ek dit gevind het
vreugde is 1 339 m bo seevlak
vreugde is in Arcadia
onder die Jakarandabome
waar ek die gesig van Jakarandastad sien in my drome
vreugde is in die verleë glimlagte van die Bethlehem-plakkerskamp in Danville
waar Jesus sit
en almal om Hom is wit
vreugde is in die gil van ’n Bloubul ondersteuner op Loftus Versfeld
en De Villiers se sesse
waar hy gesien word as ’n held
vreugde is in Soshanguve in die noorde
Mamelodi in die ooste
waar dit versterk word met Cilliers se woorde
ek het vreugde gevind by die uitsig van Magnolia Dal
hier in die Transvaal
in Hatfield se strate
en Mystic’s se nate
vreugde was by die Pierneef-teater
terwyl ek my vriende groet
tot later
vreugde is by die Jakaranda-karnavaal
tussen ’n demografie van byna 3 miljoen mense
waar ek kon verdwaal
en luister na die Marabastad wense
ek was opsoek na vreugde
iets sterker as geluk
ek het dit agter gelaat
toe ek Kerkstraat verlaat
vreugde is gevind
by die Voortrekker Monument
en die Uniegeboue se dokument
vreugde is tussen die reuk van die Jakaranda-wind
ek het vreugde gevind in die oë van ’n skoolkind
Vreugde is in my hart
my hart lê by Pretoria-stad
Die bitter brose waarheid
Seksistiese rassisme
hoe donker kan hierdie wêreld nog word
die bitter brose waarheid is dat jy nie werklik weet wie jy is nie
dis ’n duur onbetaalbare prys
wat jy bereid is om te betaal deur jouself te bewys
vir opinies so vaag, onwys en grys
ons gesprekke kon nasies oorwin en volke bekeer
maar dit was vir jou te seer
die retoriese vraag sal bly:
hoe donker kan hierdie wêreld nog word voordat almal bely
Die gedagtes in ’n monoloog
Uit en uit sit ek hier. Gekom met ’n plan,
’n idealistiese idee.
Inspirasie is skaars en moeilik om te vind
Veral as alles al gelees is en ek vervreemd is.
Reël vir reël lees ek jou deur
maar jy wys te min,
ek soek meer.
oor en oor word my foute gemaak
ek het jou gesoek maar weer verloor in die midde van ’n hofsaak.
Ek probeer jou oorreed daar’s meer as net nou
as net die sigaret wat jy rook
en die prentjie van my wat jy onthou.
’n eindelose monoloog tussen die duiwel en die held
wanneer gaan jy ophou
ophou met jou gejaag na geld.
Die soektog na identiteit gaan vir ewig voortduur
Die skemerson sak,
jy lyk anders, dis net na drie
In en uit, sit ek hier, niks het verander nie, alles gaan tot niet.
Die gevolge van vermiste geleenthede
Vir hoe lank gaan jy nog hierdie onderdruk:
die gevoel om uit te laat
’n God gegewe passie.
Dis tyd om te aanvaar
jou misverstande, missteps en mismoedighede.
jy’s gemaak vir meer
maar jy hou terug weens vrees.
’n Invloedryke aksie
op ’n stuk papier
maar jy lewe in die vergetelheid van hierdie wêreld.
Daar staan jy
– Stil – in al jou beleefdheid
jy sal dit nie weer mis nie
’n Redding vir sielsgesondheid
(Stuur jou gedigte na bydraes by roekeloos.co.za) Digters is ook welkom om een foto te stuur vir publisering.