Indeks van digters

Stuur jou gedigte na bydraes@roekeloos.co.za Digters is ook welkom om een foto te stuur vir publisering.

Die Vonnis

Daar sit hy oorkant my.
Hy is ondersoekbeampte,
hy is regter,
hy is begenadiger,
hy is laksman.
Sonder uniform van blou, toga van swart, ’n wit gewaad, of swart masker.
Diskreet in ’n baadjie van wit, agter ’n regbank bedek met glas,
versier met ’n geraamde gesin en pamflette met groot woorde.
Hy lig sy kop en kyk … heel by my oë verby.

Met sy stem sag, amper fluweel,
Terwyl hy steeds kyk, heel by my oë verby.
So word my skuld uitgespel.
Bewysstukke gevind in ’n buisie bloed
En ’n skandvlek op die oog.
My straf drup, drup, drup in my are in.
Tien sakkies straf en wie weet, dalk parool?
Sê hy, sy stem sag, amper fluweel
Hy lig sy kop en kyk, heel by my oë verby …

(28 Mei 2009)

 

Indeks van digters

Stuur jou gedigte na bydraes@roekeloos.co.za Digters is ook welkom om een foto te stuur vir publisering.

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar