Gedigte van Vlamkind

Indeks van digters

Stuur jou gedigte na bydraes by roekeloos.co.za Digters is ook welkom om een foto te stuur vir publisering.

 

My kop is swanger. Dit is asof alles daarin begin wriemel soos ‘n baba wat regmaak om gebore te word. Die proses is pynlik vrolik en tog moeisaam; verby beskrywing met woorde. Ek sal naarstigtelik aanhou skryf totdat die geboorte geskenk is. Die uitkoms steeds onvoorspelbaar. Onsamehangend of nie, vir myself of nie.
Op hierdie stadium gee ek nie meer om wie dit lees of nie lees nie, al waarop ek fokus is om geboorte te skenk en dat hierdie volheid binne my ook tot ‘n volheid in die wêreld buite my sal kom. ‘n Volkome beeld van my siel afgeprent teen die heldergroen bome langs die strate en in die wêreld wat ander sien. Ek en my woorde wil immergroen wees.

 

Winkelpop

Nommerpas winkelpop
fabriek-perfek getoë
Massas mense wat staar
Nie eers vir aanplak oë
het hulle iets te spaar

Lappe bedek stampe
van al die parades
Seisoene kom en gaan
Herfsblare sonder hart

Wie sal jou kan laat praat?

Plastiek pop, winkelmens
met siel so geboë
Flentergoed in jou spens
net flikkers in jou oë

 

The Cave

Darkness tumble
Darkness rumble

Breeding the death of light
and ever expanding fright

Darkness mumble
Darkness fumble

Seeding its deadly black
seeping into every crack

Darkness crumble
Darkness stumble

Bleeding from its very heart
God was there from the start

 

Bron

Draadloos, woordloos, geskok
Dralend, roerloos amok
Skok van ‘n hart omlyn
en tissues op ‘n bank
sinoniem met jou pyn
As die pen jou vorm
tussen kort lyne heen
is dit te laat vir my:

Jy’t ‘n bron geword.

 

Sag

Nuutgevonde, bittersoet
Elke woord gesê
‘n Kelkie vir die moed

Die keerwalle so broos
dat trane al saggies
uitstoot al die boos

Woord gestuur, woord ontvang
Hart gestuur, hart bewaar?
Net dwaasheid saam met bang

Lewer kommentaar

Leave a Reply