Stuur jou gedigte na bydraes [by] roekeloos.co.za Digters is ook welkom om een foto te stuur vir publisering.
Die meisie by die SPUR
Laas nag sien ek die mooiste meisie by die SPUR
sy laat my soos ‘n mannetjie kat purr
haar stralende glimlag laat my ophelder
my gedagtes is weer helder
Daar is glinsterende sterre in haar oë
so rein dat sy almal om haar verhelder
haar perfekte lippe laat my aandagtig luister
dit wil my graag iets laat fluister
Haar hart is besonders rooi
daarom sien almal die mooi
sy is die meisie na aan my hart
en ek mis haar …
Miskien eendag loop ons weer op die ligte kronkelpad
miskien hand in hand
miskien gesels ons weer oor ons drome
miskien vind ons mekaar weer eendag in Rome.
Stuur jou gedigte na bydraes [by] roekeloos.co.za Digters is ook welkom om een foto te stuur vir publisering.
