#innibos Doep is nie dood nie

Doep is nie dood nie
Roekeloos
17 Mei

Doep is nie dood nie is ’n aanbieding met teks- en musiekgrepe oor die lewensbeskouing en werk van Koos du Plessis.

Koos du Plessis is in Januarie 1984 op jeugdige leeftyd oorlede, maar sy nalatenskap bly ’n bron van wysheid en onsterflike musiek.

Dertig jaar na sy afsterwe is dit duidelik hoe lewend en relevant sy siening van die lewe steeds bly, hoe treffend sy liedkuns. Jannie du Toit, ’n groot vriend van Du Plessis, verwwesenlik hiermee sy voorneme om Koos du Plessis se werk in die harte van ’n volgende geslag te laat voortleef. Die liedjies sowel as die teks is dié van Koos du Plessis.

Met: Jannie du Toit, sang en kitaar, Susan Mouton, tjello
Musiekregie en verwerkings: Clinton Zerf
Verhoogbestuurder: Jopie Koen
Samesteller en Regisseur: Carl Theunissen

Genre: Kabaret
Ouderdomsbeperking: Gesin
Datum en tyd: Wo 2 Julie 10:00, Do 3 Julie 14:00, Vr 4 Julie 18:00 en Sa 5 Julie
12:30
Venue: Laerskool Bergland, Nelspruit
Tydsduur: 70 min
Prys: R 112

innibos 2014

Doep is nie dood nie / Jannie du Toit met sang en kitaar ; Susan Mouton op tjello

2

Lewer kommentaar

Leave a Reply