Met dié bundel beeldgedigte stel Marlene van Niekerk op ’n oorspronklike en toeganklike manier die minder bekende Nederlandse skilder Adriaen Coorte (ca.1659-1707) bekend.

Sy lewer daarmee nogeens ’n bewys van die vernuwende aard van haar werk. Die bundel bevat ’n dosyn skilderye, in kleur afgedruk, telkens vergesel van ’n beeldgedig in Afrikaans met die Nederlandse vertaling daarvan op die volgende bladsy.

Reeds beskryf as “’n poëtiese kragtoer”.

Gesant van die mispels / Marlene van Niekerk — Human & Rousseau, 17 Desember 2018; 68 p. ; sagteband. — ISBN 9780798176552

Gesant van die mispels,
Bettie Blom,
25 Februarie 2018.

3

Lewer kommentaar

Leave a Reply