Ek sien hoe jy deur die slag-velde loop,
hoe elke gras voor jou buig.
Nes toe ons in die strate van kaapstad baljaar het,
toe die hoeke van oe jou elke voetstap gevolg het.
Nie eers die wind raak jou nie, my maat.
Op die foon hoor ek: hoe bedrywig jy ‘n nuwe wereld skep,
hoe jy jou voete probeer grond in die kleine ou wereld.
Die kuns wat jy is en maak, sal die fondasies van my menswees
altyd raak!
Soos ‘n nostalgiese 8mm film speel my gedagtes dit vir my terug:
Daar onder in jou huis in virginia ave, kuier ons die aand om,
vriende om ‘n vuur van geselskap, sielsmaats in hul eie reg.
Speel die film vinniger en vinniger, sit ek terug en neem net alles in.
Op die hoek van my oog sien ek jy glimlag vir my, en die film
stop,
die wereld gan verby:
Want jy kyk vir my.
En ek glimlag terug en die film speel aan!
Vir Johke Steenkamp (Ek’t jou 7 gedigte vir jou verjaarsdag belowe, hiers nommer 1)
