Die stad Kaapstad gaan dalk binnekort met ‘n gratis rybewys-opleidingsprogram vir werklose mense begin.
Oor die laaste twee jaar het meer as 3 000 mense in die Wes-Kaap gebaat by die gratis leerlinglisensie-opleidingskursusse.
In dié kursusse word die begunstigdes geleer oor padtekens, -reëls, voertuigkontroles en voornemende bestuurders sit aan die einde deur ‘n simulasie-toets.
Die departement van gemeenskapsveiligheid maak egter nie afsprake vir leerlinglisensies nie en betaal ook nie vir die leerlinglisensie-toets nie.
