Die Flatfoot Dance Company vat weer die pad na die Nasionale Kunstefees in Grahamstad na hulle verlede jaar daar bekroon is vir Bhakti.
Vanjaar se produksie is getiteld Southern Exposure en bestaan uit twee werke. Een is die opspraakwekkende SKIN (2011), waarin ‘n halfkaal jong vrou in swakbeligte kamer dans met video installasies deur Karen Logan as deel van die stel. Die tweede werk is nuut, mapping nostalgia, die choreograaf beskryf dit as deels die storie van Ingrid Jonker.
Gegewe wat ons van die Flatfoot Dance Company weet belowe mapping nostalgia om ‘n paar diep donker roekelose draaie te maak.
Genre: Dans
Centenary-saal, Grahamstad
1 – 3 Julie

(foto Val Adamson)
