Los vir my woorde op my kis

Die wyser het al middernag verpas
Le ek op my bed en koerant-deur
die duister-nuus van dag

Van hoof-berig na agterblad doods-opskrif
Sien ek geen einde aan die wraak
van lewe

Wonder ek oor my einde:
Hartseer is ek oor
die idee
van asem wat my
ontsnap!

Wat sal hul skryf oor my?
Dat ek gelukkig was en
deur die lewe na die dood
bevry?

Liewer nie: ‘n gebed of waaksinninge
geloofs gedenk. Kos vir die siel:
Gemors op my.

Noem my wat ek is:
‘n man wat jy geken het, wat ongelukkig
le in sy kus.

In plek van ‘n Psalm of kort Gebed,
Lees vir my liewer ‘n Gedig:
Iets van Breytenbach, Jonker of Krog.
Iets meer as net been of murg. Aseblief Tog.

Los vir my,
woorde op
my kis, en onthou my
vir die man, wie ek is.

Lewer kommentaar

Leave a Reply