In Aniel Botha se debuutdigbundel Pirouette word balletterminologie en die hospitaal-milieu van eetversteurings saamgebind in ’n helder besinning oor gebrokenheid, verwonding en psigiese kwelling.
Dit is ’n bundel waarin ritme en metrum aansluit by die oorkoepelende dans-metaforiek om die lewe sterk beeldend vanuit ’n dansersperspektief – gestroop, met net die nodige lyne – weer te gee: tollend, wankelend, seëvierend met ’n bevrydende sprong na heling.
Die bundel word op 28 Feruarie vrygestel.
Pirouette / deur Aniel Botha — Queillerie, 2012. — 64 p. ; sagteband. — ISBN 9780795800320 : R 150.00
(Stuur enige resensies of bydraes na bydraes by roekeloos.co.za)

Discover more from Roekeloos.co.za
Subscribe to get the latest posts sent to your email.
