radbraak
Radbraak
Radbraak is Jolyn Phillips, kortverhaalskrywer van Tjieng tjang tjerries, se digdebuut in Afrikaans.

In dié digbundel verbrokkel sy taal, draai sy rug op haar vel-taal, pleeg sy ‘radbraak’ op haar eie taal. Dit is die enigste medium wat sy het, maar sy breek dit, sy vernuwe dit, sy ‘ont’taal dit.

Phillips is ‘n nuwe stem in Afrikaans – by tye liries maar deurgaans skreiend en ook uitdagend.

Jolyn Phillips, 27, is gebore en getoë in Blompark, Gansbaai. Haar debuutkortverhaalbundel, Tjieng Tjang Tjerries and other stories, verskyn in 2016. Sy is tans besig om met haar doktorale tesis aan die Universiteit van Weskaapland (UWK). Sy beskryf haarself as ‘n woordswerwer maar werk ook deeltyds as ‘n dosent en sangeres.

Radbraak / Jolyn Phillips — Human & Rousseau, 4 Julie 2017; sagteband. — ISBN 9780798176163

Bettie Blom,
20 Augustuse 2017.
3

Lewer kommentaar

Leave a Reply