Het ek jou in oogswinks-tyd vermis,
en my trein verpas:
oppad na nou-verlate
maatjiesfontein toe.
‘n onpopulere tradisie,
het dit geword, het ons geword
op die onveilige trein:
klop en knik jou gesig in my gedagtes
nog,
terwyl ons, deur die bruin arm
van die karroo sny.
Sodat die bloed diè land
van droogte
kan tog bevry.
