Het ek jou in oogswinks-tyd vermis,
en my trein verpas:
oppad na nou-verlate
maatjiesfontein toe.
‘n onpopulere tradisie,
het dit geword, het ons geword
op die onveilige trein:
klop en knik jou gesig in my gedagtes
nog,
terwyl ons, deur die bruin arm
van die karroo sny.
Sodat die bloed diè land
van droogte
kan tog bevry.
Discover more from Roekeloos.co.za
Subscribe to get the latest posts sent to your email.
