Solank verlange die sweep swaai
Roekeloos
25 Mei

Danie Marais se derde digbundel, Solank verlange die sweep swaai, is ’n mymerende, soms prewelende, plek-plek tierende besinning oor die Suid-Afrikaanse middelklas-weergawe van die menslike toestand.

Met deurstraalde eenvoud word ’n ontroerende beeld van die verwikkeldheid en onontkombare droefnis van oorlog gegee.

Dit gaan oor die “roaring 40s” en die eerste onheilspellende tekens van middeljarigheid, oor egskeiding, enkelvaderskap, ontnugtering, ’n geliefde ma wat by die dood omdraai en die skrikwekkende relevansie van gruwelrolprente en popkultuur.

Die geweld van die liefde en die verraderlike lugspieëlings van die digkuns is deurlopende temas.

Solank verlange die sweep swaai is die woorde van iemand wat sy vertroue in die woordkuns verloor het, maar aanhou skryf omdat dit die enigste vorm van psigiese selfverdediging is wat hy min of meer verstaan. Dis die steierende gedagtes van ’n man wat dronkgeslaan word deur sy eie alledaagse stories uit ’n lewe wat al sy pogings tot begrip en filosofiese beskouing uitdaag en ondergrawe.

Solank verlange die sweep swaai
Solank verlange die sweep swaai

Solank verlange die sweep swaai [teks] / deur Danie Marais — Tafelberg, 20 Junie 2014 — 112 p. ; sagteband. — ISBN 9780624068426

2.5

Lewer kommentaar

Leave a Reply