#innibos Storie & Lied – Als de liefde niet bestond

Storie & Lied – Als de liefde niet bestond
Roekeloos
25 Mei

Die liefde neem vele gedaantes aan, dit weet ons almal. Dit wek velerlei emosies op. Dit is mymerend, melancholies, speels en sensueel.

Natascha C, kabaretsanger en liriekskrywer, en Annemarie van der Walt, skrywer bekend vir haar rubrieke in Beeld, het die liefde al aan die lyf gevoel en kan daaroor sing en skryf. Dié tweepas van wysies en woorde word aangevul met klavierbegeleiding deur Henry-John Williams.

Buiten dié uit haar eie pen, steun Natascha C se sang en lirieke sterk op die Europese tradisie met onder meer werke deur die Nederlanders Toon Hermans en Liesbeth List. Haar ryp stem en deurwinterde vertolking tree in gesprek met die voorlesings deur Annemarie van der Walt se skryfwerk waarin die liefde se vreugdes en verdriet belig word.

Die liefde is weergaloos en soms bloot ’n oomblik, maar daarsonder sou lied en storie nie verweef kon word nie en sou die aarde sweerlik ophou draai.

Met: Natascha C, Annemarie van der Walt en Henry-John Williams
Teks: Natascha C en Annemarie van der Walt
Regie: Giep van Zyl en Natascha C
Verhoogbestuurder: Henry-John Williams

Genre: Kabaret
Ouderdomsbeperking: Geen o/16.
Datum en tyd: Wo 2 Julie 18:00, Vr 4 Julie 18:00
Venue: Stoep Restaurant, Nelspruit
Tydsduur: 55 minute
Prys: R 82

innibos 2014

2.5

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar