#innibos Koos Kombuis en Andries Bezuidenhout @ Boeke OppiSTOEP

Koos Kombuis en Andries Bezuidenhout @ Boeke OppiSTOEP
Roekeloos
24 Mei

Plaas twee bekendes bymekaar wat albei digters en rockers en boonop twee slimkoppe is, en die tafel is gedek vir ’n interesante, maar anderste boekgesprek.

Koos Kombuis is nie net ’n bekende musikant nie, maar ook ’n skrywer van formaat wat al vele publikasies die lig laat sien het. Andries Bezuidenhout is dosent in arbeidsosiologie aan die Universiteit van Pretoria, maar is ook bekend as rocksanger en visuele kunstenaar.

Andries Bezuidenhout is in die eerste helfte die gespreksleier en gaan met Koos Kombuis ’n onderhoud voer oor sy hele oevre, maar ook oor sy veelbesproke nuwe boek I-Tjieng, ’n GPS vir verdwaalde siele.

Dan gaan Annemarie van der Walt met Andries Bezuidenhout gesels oor sy nuwe digbundel Veelvuldige gebruike vir huishoudelike toestelle. In hierdie bundel word twee werklikhede wat op die oog af nie raakpunte het nie, naas mekaar geplaas: die groter ruimte van die Suid-Afrikaanse stad en platteland en die intieme ruimte van die huis, veral die kombuis, gevul met verskillende toestelle.

Hierdie gesprekke beloof nie net interessante te wees nie, maar ook iets te gee om oor na te dink.

Met: Koos Kombuis, Andries Bezuidenhout en Annemarie van der Walt (gespreksleier)

Genre: Boeke
Datum en tyd: Vr 4 Julie 14:00
Venue: Stoep Restaurant (langs Inniboskantoor), Nelspruit
Tydsduur: 75 minute
Prys: Gratis (Bespreek by 013 – 741 2551, slegs 100 plekke beskikbaar.)

innibos 2014

2

Lewer kommentaar

Leave a Reply