Stories Innibos boekbekendstelling

Stories Innibos boekbekendstelling
Roekeloos
22 Mei

Stories Innibos-projek is ’n gemeenskapsprojek deur kinders vir kinders.

Laerskole uit die Nelspruit-omgewing se leerders het deelgeneem aan hierdie projek en ’n Storieboek is saamgestel waarin hierdie kinders se stories opgeneem is. Die illustrasies van
hierdie stories is ook deur kinders gedoen. Die stories is vertaal en verskyn in Afrikaans, Engels en Swati.

Die skrywer Carina Stander en haar seun Aden van Niekerk wat op 6-jarige ouderdom die boek Wolkland geskryf het, is die gassprekers tydens hierdie glansryke geleentheid. Carina gaan vertel oor hoe ’n ouer kreatiewe kinders grootmaak. Sy gaan met Aden gesels oor sy boek terwyl hy ’n klei-demonstrasie
lewer en verduidelik hoe hy die karakters in sy boek geskep het.

innibos 2014

2.5

Lewer kommentaar

Leave a Reply