Roekeloos
Die bundel Versindaba 2010 verskyn by geleentheid van Versindaba 2010 in Stellenbosch plaasgevind het en bestaan uit ’n keuse van gedigte en bekendstelling van die digters wat aan hierdie poësiefees deelgeneem het.
Vanjaar is die Versindaba vir die sesde keer aangebied, tans in samewerking met die Woordfees van die Universiteit van Stellenbosch. Dit is ’n ware fees van gedigte, voorlesings, toonsettings en gesprekke en die bloemlesing wat daarmee saam verskyn, bied graag iets van die plesier van die Afrikaanse poësie.
Onder die bekende en geliefde Afrikaanse digters wat vanjaar in die bundel opgeneem is, is Louis Esterhuizen, Tom Gouws, Johann Lodewyk Marais, Marlene van Niekerk, M.M. Walters en die Namibiër Kobus Lombard.
Ander bydraers is digters van wie daar onlangs ’n bundel verskyn het, of van wie binnekort ’n bundel gaan verskyn.
’n Nuwigheid is dat enkele vertalings ook in hierdie bundel opgeneem is.
Samesteller: Melt Myburgh
ISBN: 9781869194017
Formaat: Sagteband, 80pp

(Stuur enige resensies of bydraes na bydraes by roekeloos.co.za)