Taalgebruik

Dit word vertel dat een van die samestellers van die eerste Afrikaanse Woordeboek ’n besondere kennis gehad het ten opsigte van die alledaagse gebruik van die taal. Daar is een storie – wat natuurlik glad nie waar is nie – wat dit mooi illustreer.

Sy vrou het hom op ’n dag in die kombuis betrap waar hy en die huiswerker besig was om alles te doen wat jy nie normaalweg in ’n kombuis doen nie.

“Ek is verras.” Is al wat die doodsbleek vrou kon uitkry.
“Nee, nee, nee.” Het hy haar reggehelp. “Jy is verslae. Ék is verras.”


Discover more from Roekeloos.co.za

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Lewer kommentaar

Leave a Reply